Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 2:16-25 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

16. en vir hom gesê: Kyk, hier is by u dienaars vyftig kragtige manne; laat hulle tog u heer gaan soek, of nie miskien die Gees van die Here hom opgeneem en hom op een van die berge of in een van die dale gewerp het nie. Maar hy het beveel: Stuur hulle nie!

17. Maar toe hulle tot vervelens toe by hom aanhou, sê hy: Stuur. Daarop stuur hulle vyftig man uit, en dié het drie dae lank gesoek, maar hom nie gekry nie.

18. En hulle het na hom teruggekeer terwyl hy nog in Jérigo vertoef; en hy vra hulle: Het ek julle nie gesê: Moenie gaan nie?

19. En die manne van die stad het vir Elísa gesê: Kyk, die ligging van die stad is goed soos my heer sien, maar die water is sleg, en die grond veroorsaak onvrugbaarheid.

20. En hy antwoord: Bring vir my ’n nuwe skottel en gooi daar sout in. En hulle het dit na hom gebring.

21. Daarop gaan hy uit na die plek waar die water uitkom en gooi die sout daarin en sê: So spreek die Here: Ek het dié water gesond gemaak; daar sal geen dood of onvrugbaarheid meer van kom nie.

22. En die water het gesond geword tot vandag toe volgens die woord van Elísa wat hy gespreek het.

23. En daarvandaan het hy opgegaan na Bet-el; en terwyl hy met die pad opgaan, kom daar klein seuntjies uit die stad uit wat met hom spot en vir hom sê: Gaan op, kaalkop! Gaan op, kaalkop!

24. Toe het hy agter hom omgekyk en hulle gesien en hulle gevloek in die Naam van die Here; en twee berinne het uit die bos gekom en van hulle twee-en-veertig kinders verskeur.

25. En hy het daarvandaan na die berg Karmel gegaan en daarvandaan na Samaría teruggekom.

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 2