Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 2:13-20 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

13. DAARNA tel hy die mantel van Elía op wat van hom afgeval het, en hy draai om en gaan op die wal van die Jordaan staan;

14. en hy neem die mantel van Elía wat van hom afgeval het, en slaan op die water en sê: Waar is die Here, die God van Elía, ja, Hy? En toe hy op die water slaan, is dit na weerskante verdeel, en Elísa het deurgegaan.

15. En die profete-seuns wat in Jérigo was, het dit op ’n afstand gesien en gesê: Die gees van Elía rus op Elísa! En hulle het hom tegemoetgekom en voor hom na die aarde gebuig

16. en vir hom gesê: Kyk, hier is by u dienaars vyftig kragtige manne; laat hulle tog u heer gaan soek, of nie miskien die Gees van die Here hom opgeneem en hom op een van die berge of in een van die dale gewerp het nie. Maar hy het beveel: Stuur hulle nie!

17. Maar toe hulle tot vervelens toe by hom aanhou, sê hy: Stuur. Daarop stuur hulle vyftig man uit, en dié het drie dae lank gesoek, maar hom nie gekry nie.

18. En hulle het na hom teruggekeer terwyl hy nog in Jérigo vertoef; en hy vra hulle: Het ek julle nie gesê: Moenie gaan nie?

19. En die manne van die stad het vir Elísa gesê: Kyk, die ligging van die stad is goed soos my heer sien, maar die water is sleg, en die grond veroorsaak onvrugbaarheid.

20. En hy antwoord: Bring vir my ’n nuwe skottel en gooi daar sout in. En hulle het dit na hom gebring.

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 2