Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 16:1-8 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. IN die sewentiende jaar van Peka, die seun van Remália, het Agas, die seun van Jotam, die koning van Juda, koning geword.

2. Twintig jaar was Agas oud toe hy koning geword het, en sestien jaar het hy in Jerusalem geregeer en nie gedoen wat reg was in die oë van die Here sy God soos sy vader Dawid nie.

3. Maar hy het gewandel in die weg van die konings van Israel; ja, hy het selfs sy seun deur die vuur laat deurgaan volgens die gruwels van die nasies wat die Here voor die kinders van Israel uit verdryf het.

4. Hy het ook geoffer en rook laat opgaan op die hoogtes en op die heuwels en onder elke groen boom.

5. Toe het Resin, die koning van Aram, en Peka, die seun van Remália, die koning van Israel, opgetrek na Jerusalem om te veg, en hulle het Agas ingesluit; maar hulle kon nie veg nie.

6. In dieselfde tyd het Resin, die koning van Aram, Elat aan Aram gebring en die Jode uit Elat verdrywe; en die Edomiete het in Elat gekom en daar gaan woon tot vandag toe.

7. Agas stuur toe boodskappers na Tiglat-Piléser, die koning van Assirië, om te sê: Ek is u dienaar en u seun; kom op en verlos my uit die hand van die koning van Aram en uit die hand van die koning van Israel wat teen my optree.

8. Tegelykertyd neem Agas die silwer en die goud wat te vinde was in die huis van die Here en in die skatkamers van die huis van die koning en stuur dit as ’n geskenk aan die koning van Assirië.

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 16