Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 6:17-21 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

17. En dit is die goue geswelle wat die Filistyne as ’n skuldoffer aan die Here teruggegee het: vir Asdod een, vir Gasa een, vir Áskelon een, vir Gat een, vir Ekron een.

18. En die goue muise was volgens die getal van al die stede van die Filistyne wat aan die vyf vorste behoort het, van die versterkte stede sowel as van die onbemuurde dorpe. En die groot klip waar hulle die ark van die Here op neergesit het, is tot vandag toe getuie op die stuk land van Josua, van Bet-Semes.

19. En Hy het onder die mense van Bet-Semes ’n slagting aangerig; Hy het naamlik onder die volk sewentig man en vyftigduisend man gedood, omdat hulle die ark van die Here bekyk het; en die volk het getreur, omdat die Here ’n groot slagting onder die volk aangerig het.

20. Toe sê die manne van Bet-Semes: Wie kan diens doen voor die aangesig van die Here, hierdie heilige God? En na wie toe sal Hy optrek van ons af?

21. Daarom het hulle boodskappers gestuur na die inwoners van Kirjat-Jeárim om te sê: Die Filistyne het die ark van die Here teruggebring; kom af, bring dit op na julle toe.

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 6