Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 11:1-8 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN Nahas, die Ammoniet, het opgetrek en Jabes in Gílead beleër; en al die manne van Jabes het aan Nahas gesê: Sluit met ons ’n verbond, dan sal ons u dien.

2. Maar Nahas, die Ammoniet, het vir hulle gesê: Op hierdie voorwaarde sal ek die verbond met julle sluit, dat ek julle almal die regteroog uitsteek en dit as ’n skande op die hele Israel kan lê.

3. Toe sê die oudstes van Jabes vir hom: Laat ons sewe dae lank met rus, dat ons boodskappers in die hele gebied van Israel kan stuur; as daar dan niemand is wat ons verlos nie, sal ons na u toe uittrek.

4. En die boodskappers het in Gíbea van Saul gekom en die woorde voor die ore van die volk gespreek. Daarop verhef die hele volk hulle stem en ween.

5. Toe kom Saul juis aan agter die beeste van die veld af, en Saul sê: Wat is dit met die volk, dat hulle ween? En hulle vertel hom die woorde van die manne van Jabes.

6. En die Gees van God het oor Saul vaardig geword terwyl hy dié woorde hoor, en hy het baie kwaad geword.

7. En hy het ’n paar beeste geneem en hulle stukkend gesny en met boodskappers deur die hele gebied van Israel gestuur om te sê: Wie nie agter Saul en agter Samuel aan uittrek nie — so sal met sy beeste gedoen word. Toe val die skrik van die Here op die volk en hulle trek soos een man uit.

8. En hy het hulle gemonster in Besek: die kinders van Israel was driehonderdduisend en die manne van Juda dertigduisend.

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 11