Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 7:4-14 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

4. En by hulle, volgens hulle afstamming, volgens hulle families, was die afdelings krygsmanne: ses-en-dertigduisend; want hulle het baie vroue en kinders gehad.

5. En hulle broers, van al die geslagte van Íssaskar, dapper helde: sewen-en-tagtigduisend tel hulle geslagsregister in sy geheel.

6. BENJAMIN: Bela en Beger en Jedíael, drie.

7. En die seuns van Bela was: Esbon en Ussi en Ússiël en Jérimot en Iri, vyf hoofde van families, dapper helde; en hulle geslagsregister het getel: twee-en-twintigduisend-vier-en-dertig.

8. En die seuns van Beger was: Semíra en Joas en Eliëser en Eljoënai en Omri en Jéremot en Abía en Ánatot en Alémet; hulle almal was seuns van Beger.

9. En hulle geslagsregister het getel volgens hulle afstamming, hoofde van hulle families, dapper helde: twintigduisend-tweehonderd.

10. En die seuns van Jedíael was Bilhan; en die seuns van Bilhan was: Jehus en Benjamin en Ehud en Kenáäna en Setan en Tarsis en Ahisáhar.

11. Hulle almal, seuns van Jedíael, volgens die hoofde van die families, dapper helde, was sewentienduisend-tweehonderd wat in die oorlog op kommando moes uittrek.

12. Ook Suppim en Huppim was seuns van Ir; Husim, seuns van Aher.

13. Die seuns van Náftali was: Jágsiël en Guni en Jeser en Sallum, seuns van Bilha.

14. DIE seuns van Manasse was Ásriël wat sy vrou gebaar het; sy Aramese byvrou het Magir gebaar, die vader van Gílead;

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 7