Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 28:14-21 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

14. aan goud, het hy gegee, volgens die gewig aan goud vir al die gereedskappe van elke diens; vir al die silwergereedskappe volgens die gewig, vir al die gereedskappe van elke diens;

15. en die gewig aan goud vir die goue kandelaars en hulle lampe volgens die gewig van elke kandelaar en sy lampe; en vir die silwerkandelaars volgens die gewig van ’n kandelaar en sy lampe, ooreenkomstig die diens van elke kandelaar;

16. en die goud volgens gewig vir die tafels van die toonbrode, vir elke tafel afsonderlik, en silwer vir die silwertafels;

17. en vir die vurke en komme en kanne, suiwer goud, en vir die goue bekers volgens die gewig van elke beker afsonderlik, en vir die silwerbekers volgens die gewig van elke beker afsonderlik;

18. en vir die reukaltaar gelouterde goud volgens gewig; en goud vir die voorbeeld van die wa, die gérubs, wat hul vlerke moet uitsprei en die verbondsark van die Here moet beskut.

19. Dit alles — al die werke van die voorbeeld — het Hy my geleer volgens ’n beskrywing uit die hand van die Here wat oor my was.

20. En Dawid het aan sy seun Salomo gesê: Wees sterk en vol moed, en voer dit uit; vrees nie en wees nie verskrik nie, want die Here God, my God, sal met jou wees; Hy sal jou nie begewe en jou nie verlaat nie, totdat jy al die dienswerk aan die huis van die Here voltooi het.

21. En daar is die afdelings van die priesters en die Leviete vir elke diens in die huis van God; verder het jy by jou in elke soort werk allerhande kunstenaars, gereed vir elke diens; ook die owerstes en die hele volk vir al jou sake.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 28