Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 23:18-29 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

18. die seuns van Jishar: Selómit, die hoof;

19. die seuns van Hebron: Jería, die hoof, Amárja, die tweede, Jahásiël, die derde, en Jekámeam, die vierde;

20. die seuns van Ússiël: Miga, die hoof, en Jissía, die tweede;

21. die seuns van Merári: Magli en Musi; die seuns van Magli: Eleásar en Kis.

22. En Eleásar het gesterwe en geen seuns gehad nie, net dogters; en die seuns van Kis, hulle verwante, het hulle geneem.

23. Die seuns van Musi was Magli en Eder en Jéremot, drie.

24. Dit was die seuns van Levi volgens hulle families, die familiehoofde, soos hulle getel is volgens die getal name, hoof vir hoof, wat die dienswerk in die huis van die Here gedoen het, van twintig jaar oud en daarbo.

25. Want Dawid het gesê: Die Here, die God van Israel, het aan sy volk rus gegee, en Hy woon in Jerusalem tot in ewigheid;

26. so hoef die Leviete dan ook nie meer die tabernakel en al sy voorwerpe vir sy diens te dra nie.

27. (Want volgens die laaste woorde van Dawid was dit die telling van die kinders van Levi: van twintig jaar oud en daarbo.)

28. Maar hulle plek was langs die seuns van Aäron vir die diens in die huis van die Here, as opsigters oor die voorhowe en oor die kamers en oor die reiniging van al die heilige dinge en oor die dienswerk in die huis van God;

29. en vir die toonbrode en vir die fynmeel van die spysoffer en vir die ongesuurde platkoeke en vir die bakplaat en vir die deurmekaargeroerde spysoffer en vir al die inhoudsmate en lengtemate;

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 23