Ou Testament

Nuwe Testament

1 Konings 9:17-28 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

17. So het Salomo dan Geser opgebou en Bet-Horon-Onder

18. en Báälat en Tamar in die woestyn, in die land,

19. en al die voorraadstede wat Salomo gehad het, en die stede vir die strydwaens en die stede vir die perderuiters en wat Salomo graag wou gebou het in Jerusalem en in die Líbanon en in die hele land van sy heerskappy.

20. Al die mense wat oorgebly het van die Amoriete, Hetiete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete, wat nie uit die kinders van Israel was nie —

21. hulle kinders wat ná hulle in die land oorgebly het, wat die kinders van Israel nie met die banvloek kon tref nie, dié het Salomo laat opkom vir dwangarbeid, tot vandag toe.

22. Maar van die kinders van Israel het Salomo niemand ’n slaaf gemaak nie, maar hulle was krygsmanne en sy dienaars en sy owerstes en sy adjudante en owerstes oor sy strydwaens en sy perderuiters.

23. Dit was die hoofopsigters van Salomo oor die werk: vyfhonderd-en-vyftig wat oor die mense wat die werk verrig, bevel gevoer het.

24. Skaars het die dogter van Farao opgetrek uit die stad van Dawid na haar huis wat hy vir haar gebou het, of hy het Millo gebou.

25. En Salomo het drie maal in die jaar brandoffers en dankoffers gebring op die altaar wat hy vir die Here gebou het, hy het naamlik rook laat opgaan by die altaar wat daar was voor die aangesig van die Here, sodat hy die huis voltooi het.

26. Koning Salomo het ook skepe gebou in Éseon-Geber wat by Elot aan die kus van die Skelfsee in die land Edom lê.

27. Toe stuur Hiram sy dienaars op die skepe, seevaarders wat die see ken, saam met die dienaars van Salomo;

28. en hulle het in Ofir aangekom en daarvandaan goud gaan haal, vierhonderd-en-twintig talente, en dit na koning Salomo gebring.

Lees volledige hoofstuk 1 Konings 9