Ou Testament

Nuwe Testament

1 Konings 8:17-26 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

17. Toe dit dan in die hart van my vader Dawid was om ’n huis te bou vir die Naam van die Here, die God van Israel,

18. het die Here aan my vader Dawid gesê: Dat dit in jou hart was om vir my Naam ’n huis te bou — daarin het jy goed gehandel, dat dit in jou hart was.

19. Net maar, jý sal die huis nie bou nie, maar jou seun wat uit jou lendene sal voortkom, dié sal vir my Naam die huis bou.

20. En die Here het sy woord vervul wat Hy gespreek het, sodat ek opgestaan het in die plek van my vader Dawid, en ek sit op die troon van Israel soos die Here gespreek het; en ek het die huis gebou vir die Naam van die Here, die God van Israel,

21. en daar ’n plek ingerig vir die ark, waarin die verbond van die Here is, met ons vaders gesluit toe Hy hulle uit Egipteland uitgelei het.

22. Toe het Salomo voor die altaar van die Here gaan staan, teenoor die hele vergadering van Israel, en sy hande uitgebrei na die hemel

23. en gesê: Here, God van Israel, daar is bo in die hemel of onder op die aarde geen God soos U nie, wat die verbond en die goedertierenheid hou vir u knegte wat voor u aangesig wandel met hulle hele hart,

24. wat vir u kneg, my vader Dawid, u belofte aan hom gehou het; ja, met u mond het U dit gespreek en met u hand volbring soos dit vandag is.

25. Hou nou ook, Here, God van Israel, die belofte wat U aan u kneg, my vader Dawid, gedoen het, naamlik: Daar sal vir jou nooit ’n man voor my aangesig ontbreek wat op die troon van Israel sal sit nie as jou seuns net hulle weg in ag neem deur te wandel voor my aangesig soos jy voor my aangesig gewandel het.

26. Laat dan nou, o God van Israel, u woord tog waargemaak word wat U gespreek het tot u kneg, my vader Dawid.

Lees volledige hoofstuk 1 Konings 8