Ou Testament

Nuwe Testament

1 Konings 7:23-32 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

23. Verder het hy die see gemaak van gietwerk; van rand tot rand was tien el, heeltemal rond; en die hoogte daarvan was vyf el, en ’n lyn van dertig el kon dit rondom omspan.

24. En kolokwinte onder die rand daarvan het dit rondom omring; tien op die el het hulle die see rondom omring: twee rye kolokwinte wat aan die gietwerk daarvan vasgegiet is.

25. Dit het gestaan op twaalf beeste: drie kyk na die noorde, en drie kyk na die weste, en drie kyk na die suide, en drie kyk na die ooste toe, terwyl die see bo-op hulle was, en al hulle agterdele was binnekant toe.

26. En die dikte daarvan was ’n handbreed, en sy rand was in die vorm van ’n bekerrand, soos ’n lelieblom; dit het tweeduisend bat gehou.

27. Hy het ook die tien afspoelwaentjies van koper gemaak; die lengte van elke afspoelwaentjie was vier el, en vier el sy breedte en drie el sy hoogte.

28. En dit was die maaksel van die bak: dit het sluitplate gehad, naamlik sluitplate tussen die sporte;

29. en op die sluitplate tussen die sporte was leeus, beeste en gérubs; en net so op die sporte; bokant en onderkant die leeus en beeste was afhangende kransversierings.

30. En elke afspoelwaentjie het vier koperwiele en koperasse gehad, en sy vier hoekstyle het skouerstukke gehad; onder teen die wasbak was die skouerstukke vasgegiet; teenoor elkeen was kranse.

31. En die opening daarvan was binnekant die kraag, en boontoe een el; en die opening daarvan was rond, in die vorm van ’n voetstuk, anderhalf el; en ook die opening daarvan was graveerwerk, maar die sluitplate daarvan was vierkantig, nie rond nie.

32. En die vier wiele was onder die sluitplate, en die kloue van die wiele was in die bak, terwyl die hoogte van elke wiel anderhalf el was.

Lees volledige hoofstuk 1 Konings 7