Ou Testament

Nuwe Testament

1 Konings 13:5-12 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

5. En die altaar is uitmekaargeskeur, en die as is van die altaar afgegooi volgens die wonderteken wat die man van God aangekondig het deur die woord van die Here.

6. Toe begin die koning om aan die man van God te sê: Smeek tog die aangesig van die Here jou God om genade en bid vir my, dat my hand tot my terugkeer. En die man van God het die aangesig van die Here om genade gesmeek, sodat die hand van die koning tot hom teruggekeer het en dit soos tevore was.

7. Daarop sê die koning aan die man van God: Kom met my saam huis toe en versterk jou, en laat ek jou ’n geskenk gee.

8. Maar die man van God sê vir die koning: Al gee u my die helfte van u huis, ek kan nie met u saamgaan nie, en ek kan geen brood eet of water drink in hierdie plek nie.

9. Want so het die Here my bevel gegee deur sy woord en gesê: Jy mag geen brood eet of water drink nie, en jy mag nie terugkeer met die pad waarmee jy gegaan het nie.

10. Hy het toe met ’n ander pad gegaan en nie teruggekeer met die pad waarmee hy na Bet-el gekom het nie.

11. EN daar het ’n sekere ou profeet in Bet-el gewoon; en sy seuns het gekom en hom alles vertel wat die man van God dié dag in Bet-el gedoen het; ook die woorde wat hy met die koning gespreek het. En toe hulle dit aan hul vader vertel,

12. sê hul vader vir hulle: Met watter pad het hy gegaan? Want sy seuns het die pad gesien waarmee die man van God weer weg is wat uit Juda gekom het.

Lees volledige hoofstuk 1 Konings 13