Ou Testament

Nuwe Testament

Titus 3:1-7 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. HERINNER hulle daaraan om onderdanig te wees aan owerhede en magte, om gehoorsaam te wees, bereid tot elke goeie werk;

2. om niemand te belaster nie, nie strydlustig te wees nie, vriendelik te wees en aan alle mense alle sagmoedigheid te bewys.

3. Want ons was ook vroeër onverstandig, ongehoorsaam, op ’n dwaalweg, verslaaf aan allerhande begeerlikhede en singenot; ons het in boosheid en afguns gelewe; ons was haatlik en het mekaar gehaat.

4. Maar toe die goedertierenheid van God, ons Verlosser, en sy liefde tot die mens verskyn het —

5. nie op grond van die werke van geregtigheid wat ons gedoen het nie, maar na sy barmhartigheid het Hy ons gered deur die bad van die wedergeboorte en die vernuwing deur die Heilige Gees

6. wat Hy ryklik uitgestort het op ons deur Jesus Christus, ons Verlosser;

7. sodat ons, geregverdig deur sy genade, erfgename kan word ooreenkomstig die hoop van die ewige lewe.

Lees volledige hoofstuk Titus 3