Ou Testament

Nuwe Testament

Romeine 12:1-5 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EK vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as ’n lewende, heilige en aan God welgevallige offer — dit is julle redelike godsdiens.

2. En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.

3. Want deur die genade wat aan my gegee is, sê ek vir elkeen wat onder julle is, dat hy nie van homself meer moet dink as wat ’n mens behoort te dink nie; maar dat hy daaraan moet dink om besadig te wees na die maat van geloof soos God dit aan elkeen toebedeel het.

4. Want soos ons in een liggaam baie lede het en die lede nie almal dieselfde werking het nie,

5. so is ons almal saam een liggaam in Christus en elkeen afsonderlik lede van mekaar.

Lees volledige hoofstuk Romeine 12