Ou Testament

Nuwe Testament

Openbaring 8:8-11 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

8. En die tweede engel het geblaas, en iets soos ’n groot berg wat brand met vuur, is in die see gegooi. En ’n derde van die see het bloed geword,

9. en ’n derde van die lewende skepsele in die see het gesterwe, en ’n derde van die skepe het vergaan.

10. En die derde engel het geblaas, en ’n groot ster wat soos ’n fakkel brand, het uit die hemel geval, en dit het geval op ’n derde van die riviere en op die waterfonteine.

11. En die naam van die ster word genoem Alsem; en ’n derde van die waters het als geword, en baie mense het gesterwe van die water, omdat dit bitter geword het.

Lees volledige hoofstuk Openbaring 8