Ou Testament

Nuwe Testament

Openbaring 8:1-7 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN toe Hy die sewende seël oopgemaak het, kom daar stilte in die hemel omtrent ’n halfuur lank.

2. En ek het die sewe engele gesien wat voor God staan, en sewe basuine is aan hulle gegee.

3. En ’n ander engel het gekom en met ’n goue wierookbak by die altaar gaan staan, en baie reukwerk is aan hom gegee, om dit met die gebede van al die heiliges op die goue altaar voor die troon te lê;

4. en die rook van die reukwerk het met die gebede van die heiliges uit die hand van die engel opgegaan voor God.

5. En die engel het die wierookbak geneem en dit met vuur van die altaar volgemaak en dit op die aarde gegooi; en daar het stemme gekom en donderslae en weerligte en aardbewing.

6. En die sewe engele met die sewe basuine het hulle gereed gemaak om te blaas.

7. En die eerste engel het geblaas, en daar het hael en vuur gekom met bloed gemeng, en dit is op die aarde gegooi. En ’n derde van die bome het verbrand, en al die groen gras het verbrand.

Lees volledige hoofstuk Openbaring 8