Ou Testament

Nuwe Testament

Openbaring 14:3-6 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

3. En hulle het ’n nuwe lied gesing voor die troon en voor die vier lewende wesens en die ouderlinge; en niemand kon die lied leer nie, behalwe die honderd-vier-en-veertigduisend wat van die aarde vrygekoop is.

4. Dit is hulle wat hulself met vroue nie besoedel het nie, want hulle is maagdelik rein; dit is hulle wat die Lam volg waar Hy ook heengaan; dit is hulle wat gekoop is uit die mense as eerstelinge vir God en die Lam.

5. En in hulle mond is daar geen bedrog gevind nie; want hulle is sonder gebrek voor die troon van God.

6. EN ek het ’n ander engel in die middel van die lug sien vlieg met ’n ewige evangelie om te verkondig aan die bewoners van die aarde en aan alle nasies en stamme en tale en volke.

Lees volledige hoofstuk Openbaring 14