Ou Testament

Nuwe Testament

Openbaring 10:1-6 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN ek het ’n ander sterk engel uit die hemel sien neerdaal, bekleed met ’n wolk, en ’n reënboog was oor sy hoof, en sy aangesig was soos die son, en sy voete soos pilare van vuur;

2. en in sy hand het hy ’n geopende boekie gehad, en hy het sy regtervoet op die see gesit en sy linkervoet op die land;

3. en hy het met ’n groot stem uitgeroep soos ’n leeu wat brul, en toe hy uitgeroep het, het die sewe donderslae hulle stemme laat hoor.

4. En toe die sewe donderslae hulle stemme laat hoor het, wou ek skrywe; maar ek het ’n stem uit die hemel vir my hoor sê: Verseël wat die sewe donderslae gespreek het, en skryf dit nie op nie.

5. En die engel wat ek op die see en op die land sien staan het, het sy hand na die hemel opgehef,

6. en hy het gesweer by Hom wat tot in alle ewigheid lewe, wat die hemel geskape het en wat daarin is, en die aarde en wat daarin is, en die see en wat daarin is, dat daar geen tyd meer sal wees nie;

Lees volledige hoofstuk Openbaring 10