Ou Testament

Nuwe Testament

Markus 16:1-6 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN toe die sabbat verby was, het Maria Magdaléna en Maria, die moeder van Jakobus, en Salóme speserye gekoop om Hom te gaan salf.

2. En baie vroeg op die eerste dag van die week, net ná sonop, kom hulle by die graf.

3. En hulle sê vir mekaar: Wie sal vir ons die steen voor die opening van die graf wegrol?

4. En toe hulle opkyk, sien hulle dat die steen weggerol was, want dit was baie groot.

5. En toe hulle in die graf ingegaan het, sien hulle ’n jongman, met ’n lang wit kleed om, aan die regterkant sit, en hulle het baie geskrik.

6. En hy sê vir hulle: Moenie verskrik wees nie. Julle soek Jesus die Nasaréner wat gekruisig is. Hy het opgestaan. Hy is nie hier nie. Dáár is die plek waar hulle Hom neergelê het.

Lees volledige hoofstuk Markus 16