Ou Testament

Nuwe Testament

Lukas 20:18-28 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

18. Elkeen wat op dié steen val, sal verpletter word; maar elkeen op wie hy val, dié sal hy vermorsel.

19. TOE probeer die owerpriesters en die skrifgeleerdes in daardie selfde uur om die hande aan Hom te slaan, maar hulle het die volk gevrees; want hulle het geweet dat Hy hierdie gelykenis met die oog op hulle self uitgespreek het.

20. En hulle het Hom in die oog gehou en spioene gestuur wat geveins het dat hulle regverdig was, sodat hulle Hom op ’n woord kon betrap, om Hom oor te lewer aan die owerheid en aan die gesag van die goewerneur.

21. En hulle het Hom gevra en gesê: Meester, ons weet dat U reguit praat en leer en die persoon nie aanneem nie, maar die weg van God in waarheid leer —

22. is dit ons geoorloof om aan die keiser belasting te betaal of nie?

23. Maar Hy het hulle listigheid bemerk en vir hulle gesê: Waarom versoek julle My?

24. Wys My ’n penning. Wie se beeld en opskrif het dit? Hulle antwoord en sê: Die keiser s’n.

25. Toe sê Hy vir hulle: Betaal dan aan die keiser wat die keiser toekom, en aan God wat God toekom.

26. En hulle kon Hom nie voor die volk op ’n woord betrap nie, en verwonderd oor sy antwoord het hulle geswyg.

27. EN sommige van die Sadduseërs het gekom — hulle wat ontken dat daar ’n opstanding is — en Hom gevra

28. en gesê: Meester, Moses het ons voorgeskrywe: As iemand se getroude broer sterwe en hy sterf sonder kinders, dan moet sy broer die vrou neem en vir sy broer kinders verwek.

Lees volledige hoofstuk Lukas 20