Ou Testament

Nuwe Testament

Lukas 10:22-32 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

22. Alles is aan My oorgegee deur my Vader; en niemand weet wie die Seun is nie, behalwe die Vader, en wie die Vader is nie, behalwe die Seun en hy aan wie die Seun dit wil openbaar.

23. En Hy het Hom omgedraai na sy dissipels en afsonderlik aan hulle gesê: Salig is die oë wat sien wat julle sien;

24. want Ek sê vir julle, baie profete en konings het gewens om te sien wat julle sien, en het dit nie gesien nie, en om te hoor wat julle hoor, en het dit nie gehoor nie.

25. EN daar het ’n sekere wetgeleerde opgestaan wat Hom versoek het deur te sê: Meester, wat moet ek doen om die ewige lewe te beërwe?

26. En Hy antwoord hom: Wat is in die wet geskrywe? Hoe lees jy?

27. En hy antwoord en sê: Jy moet die Here jou God liefhê uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele krag en uit jou hele verstand; en jou naaste soos jouself.

28. Toe sê Hy vir hom: Jy het reg geantwoord; doen dit, en jy sal lewe.

29. Maar hy wou homself regverdig, en sê vir Jesus: En wie is my naaste?

30. En Jesus antwoord en sê: ’n Sekere man het afgegaan van Jerusalem na Jérigo en onder rowers verval, en nadat hulle hom uitgetrek en geslaan het, gaan hulle weg en laat hom half dood lê.

31. En bygeval het ’n priester met daardie pad afgekom, en toe hy hom sien, gaan hy anderkant verby.

32. En net so het ook ’n Leviet by dié plek gekom en hom gesien en anderkant verbygegaan.

Lees volledige hoofstuk Lukas 10