Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 20:1-12 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN nadat die oproer verby was, het Paulus die dissipels na hom geroep en gegroet en het vertrek om na Macedónië te reis.

2. En hy het daardie streke deurgegaan, en nadat hy hulle met baie woorde bemoedig het, in Griekeland gekom.

3. En daar het hy drie maande gebly; maar toe die Jode teen hom saamgespan het, terwyl hy juis na Sírië sou afvaar, het hy besluit om deur Macedónië terug te gaan.

4. En tot in Asië het Sópater van Beréa hom vergesel, en van die Thessalonicense, Aristárchus en Secúndus, en Gajus van Derbe en Timótheüs, en uit Asië Tíchikus en Trófimus.

5. Hulle het vooruitgegaan en in Troas op ons gewag.

6. Maar ná die dae van die ongesuurde brode het ons van Filíppi uitgeseil en binne vyf dae by hulle in Troas gekom waar ons sewe dae deurgebring het.

7. En op die eerste dag van die week, toe die dissipels vergader het om brood te breek, het Paulus hulle toegespreek, omdat hy die volgende dag sou vertrek en hy het sy rede gerek tot middernag toe.

8. En daar was baie lampe in die bovertrek waar hulle vergader het.

9. En ’n sekere jongman met die naam van Eútichus het in die venster gesit en weggesink in ’n diepe slaap; en toe Paulus nog lank gespreek het, is hy oorweldig deur die slaap en het van die derde verdieping afgeval en is dood opgetel.

10. Toe gaan Paulus ondertoe en val op hom en slaan sy arms om hom en sê: Moenie so te kere gaan nie, want sy lewe is in hom.

11. En hy het boontoe gegaan en brood gebreek en geëet; en nadat hy nog ’n geruime tyd gespreek het tot dagbreek toe, het hy vertrek.

12. En hulle het die seun lewendig huis toe weggebring en was uitermate getroos.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 20