Ou Testament

Nuwe Testament

2 Korinthiërs 2:4-10 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

4. Want uit groot verdrukking en benoudheid van hart het ek aan julle geskrywe, onder baie trane, nie dat julle bedroef mag word nie, maar dat julle mag weet van die liefde wat ek oorvloedig vir julle het.

5. Maar as iemand droefheid veroorsaak het, dan het hy my nie bedroef nie, maar — ek wil nie oordryf nie — min of meer julle almal.

6. Vir so iemand is daardie bestraffing deur die meerderheid genoeg;

7. sodat julle daarenteen hom liewer moet vergewe en vertroos, dat so iemand nie miskien deur al te groot droefheid verteer word nie.

8. Daarom vermaan ek julle om die liefde aan hom te bevestig.

9. Want daarom het ek ook geskrywe om julle beproefdheid te weet, of julle in alles gehoorsaam is.

10. Aan wie julle iets vergewe, vergeef ek ook; want wie ek ook vergeef het — as ek iets vergeef het — dit was om julle ontwil voor die aangesig van Christus, sodat ons nie deur die Satan bedrieg sou word nie;

Lees volledige hoofstuk 2 Korinthiërs 2