Ou Testament

Nuwe Testament

2 Korinthiërs 2:1-5 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. MAAR dit het ek by myself besluit, om nie weer in droefheid na julle te kom nie.

2. Want as ek julle bedroef maak, wie is hy dan wat my kan verbly anders as hy wat deur my bedroef gemaak is?

3. En ek het juis dit aan julle geskrywe, dat ek nie by my koms droefheid mag hê deur hulle oor wie ek my moes verbly nie, omdat ek die vertroue in julle almal het dat my blydskap dié van julle almal is.

4. Want uit groot verdrukking en benoudheid van hart het ek aan julle geskrywe, onder baie trane, nie dat julle bedroef mag word nie, maar dat julle mag weet van die liefde wat ek oorvloedig vir julle het.

5. Maar as iemand droefheid veroorsaak het, dan het hy my nie bedroef nie, maar — ek wil nie oordryf nie — min of meer julle almal.

Lees volledige hoofstuk 2 Korinthiërs 2