Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 6:23-35 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

23. My opdragte is soos ’n lamp vir jou. My reëls is vir jou ’n lig. Vir die een wat hom laat dissiplineer, is dit die pad na die lewe.

24. Hierdie reëls sal jou beskerm teen die onsedelike vrou, teen die vreemde vrou wat jou wil verlei met haar gladde tong.

25. Moenie opgewonde raak omdat sy mooi is nie. Moenie dat sy jou vang met die gefladder van haar wimpers nie.

26. ’n Prostituut kan jy vir ’n stukkie brood in die hande kry. Owerspelmet ’n ander man se vrou kan jou egter jou hele lewe kos.

27. Kan jy kole vuur in ’n voorskoot dra sonder dat jou klere aan die brand raak?

28. Kan jy op brandende kole loop en nie jou voete skroei nie?

29. Net so is dit met iemand wat by ’n ander man se vrougaan slaap.Niemand wat met haar lol, sal ongedeerd daarvan afkom nie.

30. ’n Dief kan verskoon word wanneer hy steel, want hy was honger.

31. As hy betrap word, moet hy sewe maal meer teruggee,selfs al kos dit hom alles wat hy besit.

32. Maar die man wat owerspel pleeg, is heeltemal dwaas. Iemand wat dit doen, verwoes sy hele lewe.

33. Hy sal slae verduur en verneder word. Niks sal ooit weer sy skande kan uitwis nie.

34. Die verontwaardiging wat die vrou se man ervaar, sal brand soos vuur. Daar sal geen einde aan sy wraak wees nie.

35. Hy sal geen vergoeding aanvaar nie. Geen geskenk, hoe groot ook al,is vir hom genoeg nie.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 6