Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 6:21-26 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

21. Bewaar dit altyd in jou hart. Dra dit om jou nek.

22. Waarheen jy ook al op pad is, dit sal vir jou die koers aandui. Dit sal jou beskerm wanneer jy slaap. Dit sal jou wys wat jy moet doen sodra jy wakker word.

23. My opdragte is soos ’n lamp vir jou. My reëls is vir jou ’n lig. Vir die een wat hom laat dissiplineer, is dit die pad na die lewe.

24. Hierdie reëls sal jou beskerm teen die onsedelike vrou, teen die vreemde vrou wat jou wil verlei met haar gladde tong.

25. Moenie opgewonde raak omdat sy mooi is nie. Moenie dat sy jou vang met die gefladder van haar wimpers nie.

26. ’n Prostituut kan jy vir ’n stukkie brood in die hande kry. Owerspelmet ’n ander man se vrou kan jou egter jou hele lewe kos.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 6