Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 30:2-17 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

2. Ek is te onkundig om ’n mens te wees.Ek het nie eens die verstandvan ’n mens nie.

3. Ek het nie wysheid aangeleer nie. Ek ken nie die heilige God nie.

4. Wie kan na die hemel toe gaan en van daar af ondertoe kom?Wie kan die wind in sy twee hande vashou? Wie kan die waters in sy jas toedraai? Wie het die wye wêreld gemaak? Wat is sy naam? En die naam van sy seun? Sê tog as jy dit weet!

5. Elke woord van Godis getoets. Hy beskerm elkeen wat beskerming by Hom kom soek.

6. Moenie iets byvoeg by wat Hy gesê het nie. Hy sal jou straf. Jy sal leuenaar genoem word.

7. Twee dinge wil ek van U vra. Moenie dit weier solank ek leef nie.

8. In die eerste plek, keer tog dat ek lieg. In die tweede plek, laat my nie arm of ryk wees nie. Gee asseblief vir my net dit wat nodig is.

9. As ek te veel het, sal ek U verloën en vra: “Nou wie is die Here?”As ek te arm is, sal ek steel en my God se Naam beswadder.

10. Moet nooit ’n slaaf vals beskuldig by sy eienaar nie. Hy sal jou vervloek en dan moet jy die gelag betaal.

11. Party mense vervloek hulle pa en weier om hulle ma te seën.

12. Dis mense wat dink hulle is foutloos, maar die vuil kan nooit van hulle afgewas word nie.

13. Hulle is vol hoogmoed en vol van hulleself.

14. Hulle het tande soos swaardeen slagtande soos messe. Hulle teer op die hulpeloses en die armes onder mense.

15. Die bloedsuier het twee dogters. Die een se naam is “Gee!” en die ander s’n ook “Gee!”. Daar is drie dinge, nee, eintlik vier, wat nooit tevrede is nie:

16. die doderyk, die onvervulde begeerte om ma te word, grond wat uitgedor is, ’n vuur wat alles wil verteer.

17. Die oë van ’n man wat spot met sy pa,en hy wat ongehoorsaam is aan sy ma – die kraaie in die droë lope sal sy oë uitpik;en roofvoëls sal hom opvreet.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 30