Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 3:5-21 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

5. Vertrou op die Heremet alles wat jy het. Moenie staatmaak op jou eie insigte nie.

6. Vra na die wil van God in alles wat jy doen. Hy sal die regte pad vir jou wys.

7. Moenie jou eie wysheid oorskat nie. Hou eerder die Here voor oë en vermy wat sleg is.

8. Dit sal jou liggaam gesond hou, jou lewe verkwik.

9. Vereer die Heremet alles wat jy besit. Gee vir Hom die beste van jou oes.

10. Hy sal jou opgaarplekke vol maak. Jou parskuipe sal oorloopvan al die wyn.

11. My seun, moenie dit verontagsaam wanneer die Herejou reghelp nie. Moenie jou verset wanneer Hy jou teregwys nie.

12. Die Here bestraf immershulle wat Hy liefhet net soos ’n pa sy seun teregwys.

13. Die mens wat wysheid kry, is gelukkig. Dit gaan goed met die mens wat insig kry.

14. Wysheid het meer voordele as geld.Haar beloning is meer werd as goud.

15. Wysheid het meer waarde as edelstene. Niks wat jy ooit kan begeer,vergelyk daarmee nie.

16. Met die een hand gee wysheid ’n lang lewe. Met die ander hand rykdom en eer.

17. Wysheid maak ’n mens gelukkig. Wie dit volg, beleef vrede.

18. Vir dié wat daaraan vashou, is dit ’n boom van die lewe. Hulle wat daarop steun, is geseënd.

19. Die Here het die aarde met wysheid op sy plek neergesit, met insig die hemel oopgespan.

20. Deur sy kennis hetwater uit die diep fonteine geborrelen het daar reën uit die wolke geval.

21. My seun, moenie takt en oorleg uit die oog verloor nie. Hou altyd daaraan vas.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 3