Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 27:20-27 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

20. Die doderyk en die onderaardse diepte word nooit vol van dooie mense nie. So kry ’n mens se begeertes ook nooit ’n einde nie.

21. ’n Smeltkroes bepaal die gehalte van silwer, die vuuroond bepaal die suiwerheid van die goud. ’n Mens se waarde word bepaal deur wat mense van hom sê.

22. Al sit jy ’n dwaas in ’n stampblok en al maal jy hom tussen die graankorrels in die meule, jy sal sy dwaasheid nooit uit hom kry nie.

23. Jy moet goed weet hoe dit met jou kleinvee gaan, jy moet omsien na jou veetroppe.

24. Rykdom is nie vir altyd nie; selfs ’n koning se kroon hou nie geslagte lank nie.

25. As daar van ou gras hooi gemaak is, die gras weer begin uitloop,en die voer uit die berge ingebring is,

26. sal die skape weer wol gee en die bokke verkoop word vir die prys van ’n stuk grond.

27. Daar sal genoeg bokmelk wees om jou en jou gesin en ook nog jou slavinne te onderhou.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 27