Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 27:18-24 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

18. Wie sy vyeboom versorg, eet van sy vrugte. Wie omsien na die belangevan sy werkgewer, sal voordeel daaruit trek.

19. Soos jou gesig weerkaats in water,so wys iemand se hart wat in hom aangaan.

20. Die doderyk en die onderaardse diepte word nooit vol van dooie mense nie. So kry ’n mens se begeertes ook nooit ’n einde nie.

21. ’n Smeltkroes bepaal die gehalte van silwer, die vuuroond bepaal die suiwerheid van die goud. ’n Mens se waarde word bepaal deur wat mense van hom sê.

22. Al sit jy ’n dwaas in ’n stampblok en al maal jy hom tussen die graankorrels in die meule, jy sal sy dwaasheid nooit uit hom kry nie.

23. Jy moet goed weet hoe dit met jou kleinvee gaan, jy moet omsien na jou veetroppe.

24. Rykdom is nie vir altyd nie; selfs ’n koning se kroon hou nie geslagte lank nie.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 27