Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 21:12-25 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

12. Die regverdige God sien wat gebeur in die huis van goddelose mense. Hy bring teëspoed oor die goddelose mense.

13. Iemand wat sy ore toedruk vir die hulpkreet van ’n arme, sal self ook verniet roep as moeilikheid hom tref.

14. ’n Geskenk ongesiens gegee, koel die man wat kwaad is af. As ’n omkoopgeskenk onopsigtelik gegee word, laat dit driftige woede bedaar.

15. Dit maak regverdige mense bly wanneer reg opgetree word. Dit maak dié wat kwaad doen, bang.

16. As iemand wegdwaal van die verstandige weg, beland hy in die geselskap van die dooies.

17. Wie agter plesier aan loop,word ’n arm mens. Wie lief is vir wyn en weelde, word nooit ryk nie.

18. Soms word ’n slegte mens geruil vir een wat reg doen, en die onbetroubare mens vir die eerlike persoon.

19. Dit is beter om iewers in die woestyn te gaan bly as saam met ’n stryerige vrou wat oor alles neul.

20. In ’n wyse mens se huis is altyd kosbare besittings en uitgesoekte olie. ’n Dwase mens gebruik alles op wat hy in sy huis het.

21. Iemand wat hom beywer vir reg en liefde, verkry ’n vol lewe, geregtigheid en eer.

22. ’n Wyse man kan ’n stad oorwinal is dit vol dapper soldate. Selfs die vesting waarop hulle vertrou, kan hy laat val.

23. Wie ’n wag voor sy mond het en stilbly, hou homself uit die moeilikheid.

24. Dis bekend dat ’n spotter hovaardig en aanmatigend is.Sy hovaardige optrede ken geen perke nie.

25. Die begeertes van ’n lui mens lei na sy dood. Hy weier om sy handeuit sy moue te steek.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 21