Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 15:18-33 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

18. ’n Humeurige mens sit twis aan die gang. ’n Verdraagsame mens sit ’n stryery stop.

19. ’n Luiaard se pad is met dorings besaai. ’n Opregte mens se pad is gelyk.

20. ’n Verstandige seun maak sy pa bly. ’n Dwase seun het geen respek vir sy ma nie.

21. Iemand sonder verstandput vreugde uit sy dwaasheid. Iemand met insigbly op die regte pad.

22. Sonder beplanningloop planne skeef. Sukses is afhanklik van baie raadgewers.

23. Daar is vreugde daarin om die regte antwoord te hê.Wat is beter as die regte woord op die regte tyd?

24. Die lewenspad van ’n verstandige mens loop boontoe.Dit stuur weg van die doderyk daar onder.

25. Die Here vernietig die hoogmoedige se huis. Hy beskerm die grondgebied van die weduwee.

26. Die Here verafsku slegte planne. Hy hou van skoon gedagtes.

27. ’n Gierigaard bring ongeluk oor sy huis. Wie omkoopgeskenke weier, sal lewe.

28. ’n Regverdige mens dink eers voor hy antwoord. By goddelose mense se monde borrel daar slegte dinge uit.

29. Die Here luister niena goddelose mense nie. Hy verhoor die gebed van die regverdige mens.

30. Oë wat blink, bring vreugde. Goeie nuus bring gesondheid.

31. Wie na kritiek luister, sal lewe. Jy sal tuis wees tussen mense met wysheid.

32. Wie goedbedoelde raad ignoreer, doen skade aan homself. Iemand wat hom laat reghelp, ontwikkel sy insig.

33. Om respek vir die Here te hê,leer ’n mens wysheid. Nederigheid kom eerste, daarna volg eer.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 15