Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 11:1-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Die Here haat ’n skaal wat nie reg weeg nie. ’n Akkurate lesing dra sy goedkeuring weg.

2. Verwaandheid bring vernedering. Nederigheid bring wysheid.

3. Die opregtheid van eerlike mense wys vir hulle die koers. Die valsheidvan onbetroubare mense bring hulle ondergang.

4. Rykdom gaan niks help op die dag van oordeel nie. Om reg te lewe sal jou red van die dood.

5. Die gehoorsaamheid van die opregte maak sy pad gelyk. Die goddelose sal deur sy goddeloosheid inmekaarstort.

6. Die betroubaarheid van eerlike mense sal hulle red.Onbetroubare mense se eie gierigheid sal hulle inhaal.

7. ’n Slegte mens gaan dood saam met alles wat hy begeer het. Sy verwagtings was net op sy eie mag gebou.

8. God bevry die regverdige uit sy nood; Hy laat goddeloses in daardie nood verval.

9. Goddeloses vernietig mense met hulle woorde. Dié wat reg lewe, worddeur hulle kennis gered.

10. ’n Stad juig oor die voorspoed van die regverdiges. Dit jubel as goddelose mense te gronde gaan.

11. As opregte mense ’n stad prys, bring dit voorspoed vir die stad. Die woorde van goddeloses laat dit agteruitgaan.

12. Om neerhalend van ander te praat, getuig van dwaasheid. ’n Verstandige mens sal eerder stilbly.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 11