Ou Testament

Nuwe Testament

Sefanja 2:1-4 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Reël ’n byeenkoms en vergader,skaamtelose nasie!

2. Doen dit terwyl julle nog kan,voordat die oordeel beginen julle soos kaf sal wegwaai.Doen dit nou,voordat die brandende woedevan die Here oor julle ontvlam.Doen ditvoordat sy verskriklike oordeelsdagvir julle aanbreek.

3. Soek die Here,alle nederiges in die land,en doen wat Hy van julle verwag.Soek wat reg is en wees nederig.Miskien sal Hy julle beskermwanneer die oordeelsdag aanbreek.

4. Gasa sal verlate lêen Askelon sal verwoes word.Laatmiddag sal Asdod se inwonersuitgedryf weesen Ekron se inwoners uitgeroei wees.

Lees volledige hoofstuk Sefanja 2