Ou Testament

Nuwe Testament

Sagaria 9:12-17 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

12. Keer terug na die vesting toe, gevangenes vol hoop!Ek belowe dat Ek julle dubbel sal vergoedvir al julle swaarkry.

13. Juda is my boog en Israel is my pyl! Sion is my swaard en Ek is soos ’n soldaat, Ek sal dit teen Griekeland gebruik.

14. Bokant sy volk sal die Here verskyn,sy pyle sal vlieg soos weerlig. Die oppermagtige Heresal die trompet blaas.Hy sal teen sy vyande uittrek soos ’n stormwind uit die woestyn.

15. Die Here, die Almagtige,sal sy volk beskerm en hulle sal hulle vyande met slingervelle oorwin. Hulle sal oorlogskrete skree asof hulle dronk is van wyn terwyl die bloed van hulle vyande vloei. Hulle sal vol wees van bloed soos ’n bak by offers, soos die hoeke van die altaar.

16. Wanneer daardie dag kom, sal die Here hulle God sy volk red, net soos ’n skaapwagter sy skape red. Hulle sal in die land glinster soos juwele in ’n kroon.

17. Hoe wonderlik en mooi sal hulle nie wees nie! Jong mans en meisies sal floreer op die oorvloed van koring en jong wyn.

Lees volledige hoofstuk Sagaria 9