Ou Testament

Nuwe Testament

Sagaria 8:1-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Daar was nog ’n boodskap van die Here, die Almagtige, aan my.

2. Dit is wat die Here, die Almagtige, sê: “My liefde vir Sion is baie sterk. Ek is passievol oor Jerusalem.”

3. So sê die Here: “Ek keer terug na Sion, Ek gaan in Jerusalem woon. Jerusalem sal genoem word Stad van Trou, die berg van die Here, die Almagtige, sal genoem word Heilige Berg.”

4. Dit is wat die Here, die Almagtige, sê: “Ou mans en vroue sal weer op die pleine van Jerusalem sit, elkeen met ’n kierie omdat hulle so oud is.

5. Die strate van die stad sal weer vol seuns en dogters wees wat daar speel.”

6. Dit is wat die Here, die Almagtige, sê: “Al hierdie dinge lyk dalk vandag vir julle, ’n klein en mismoedige oorblyfsel van God se volk, onmoontlik. Maar dink julle dit is onmoontlik vir My, die Here, die Almagtige?”

7. Dit is wat die Here, die Almagtige, sê: “Julle kan daarvan seker wees dat Ek my volk gaan red van die nasies in die ooste en die weste.

8. Ek gaan hulle weer tuis laat kom en veilig in Jerusalem laat woon. Hulle sal my volk wees en Ek sal in trou en regverdigheid hulle God wees.”

Lees volledige hoofstuk Sagaria 8