Ou Testament

Nuwe Testament

Sagaria 11:14-17 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

14. Toe breek ek my ander herderskierie, “Eenheid”, om daarmee te wys dat die verbond van eenheid tussen Juda en Israel verbreek was.

15. Die Here het vir my gesê: “Gaan weer en maak soos ’n nikswerd herder.

16. Dit sal wys hoe Ek vir die nasie ’n herder sal gee wat nie omgee vir skape wat vergaan nie, wat nie die lammers gaan soek, of die beseerde skape versorg, of die gesonde skape kos gee nie. Inteendeel, hierdie herder sal die vleis van die vetste skaap eet en die ander se kloue afruk.

17. “So ’n nikswerd herder wat sy trop verlaat, sal verseker veroordeel word! Mag die swaard sy arm afkap en sy regteroog deurboor! Sy arm sal onbruikbaar word en sy regteroog heeltemal blind!”

Lees volledige hoofstuk Sagaria 11