Ou Testament

Nuwe Testament

Sagaria 1:8-14 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

8. In ’n visioen gedurende die nag het ek ’n man op ’n rooibruin perd sien sit. Hy was tussen mirtebome in ’n laagte. Agter hom was daar rooibruin, bruin en wit perde.

9. Ek het toe die engel wat met my gepraat het, gevra: “Meneer, wat beteken al hierdie perde?”“Ek sal jou wys,” het die engel geantwoord.

10. Die man wat daar tussen die mirtebome gestaan het, het verduidelik: “Die Here het hulle uitgestuur om die hele aarde te patrolleer.”

11. Die ruiters het toe verslag gedoen aan die engel van die Here wat tussen die mirtebome gestaan het: “Ons het die aarde deurkruis en die hele aarde is rustig en stil.”

12. Toe die engel van die Here dit hoor, het hy hierdie gebed gebid: “O Here, die Almagtige, vir 70 jaar is U nou reeds kwaad vir Jerusalem en die dorpe van Juda. Hoe lank nog voordat U hulle weer genadig sal wees?”

13. Die Here het toe vriendelike en vertroostende woorde gehad vir die engel wat met my gepraat het.

14. Die engel het vir my gesê: “Laat hierdie boodskap weerklink sodat almal dit kan hoor: ‘Dit is wat die Here, die Almagtige, sê: Ek het nog steeds ’n brandende liefde vir Jerusalem en Sion.

Lees volledige hoofstuk Sagaria 1