Ou Testament

Nuwe Testament

Sagaria 1:5-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

5. “Julle voorgeslagte en hulle profete is nou lankal reeds dood.

6. Al die dinge wat Ek deur my dienaars die profete gesê het, het met julle voorgeslagte gebeur, net soos Ek gesê het dit sou gebeur. As gevolg hiervan het hulle tot bekering gekom en gesê: ‘Ons het van die Here, die Almagtige, ontvang wat ons verdien het. Hy het gedoen wat Hy gesê het Hy sal doen.’”

7. Op 15 Februarie van die tweede jaar van koning Darius se regering, het die Here nog ’n boodskap aan die profeet Sagaria, die seun van Berekja, die kleinseun van Iddo, gestuur. Sagaria het gesê:

8. In ’n visioen gedurende die nag het ek ’n man op ’n rooibruin perd sien sit. Hy was tussen mirtebome in ’n laagte. Agter hom was daar rooibruin, bruin en wit perde.

9. Ek het toe die engel wat met my gepraat het, gevra: “Meneer, wat beteken al hierdie perde?”“Ek sal jou wys,” het die engel geantwoord.

10. Die man wat daar tussen die mirtebome gestaan het, het verduidelik: “Die Here het hulle uitgestuur om die hele aarde te patrolleer.”

11. Die ruiters het toe verslag gedoen aan die engel van die Here wat tussen die mirtebome gestaan het: “Ons het die aarde deurkruis en die hele aarde is rustig en stil.”

12. Toe die engel van die Here dit hoor, het hy hierdie gebed gebid: “O Here, die Almagtige, vir 70 jaar is U nou reeds kwaad vir Jerusalem en die dorpe van Juda. Hoe lank nog voordat U hulle weer genadig sal wees?”

Lees volledige hoofstuk Sagaria 1