Ou Testament

Nuwe Testament

Rut 4:12-22 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

12. “Mag die Here deur hierdie vrou vir jou afstammelinge gee wat sal wees soos ons stamvader Peres, die seun van Tamar en Juda.”

13. Boas het toe met Rut getrou. Sy het sy vrou geword. Hy het by haar geslaap en die Here het haar laat swanger word. Sy het geboorte gegee aan ’n seun.

14. Toe sê die vroue van die dorp vir Naomi: “Prys die Here wat vandag vir jou ’n losser gegee het. Mag hy beroemd word in Israel.

15. Mag hierdie kind vir jou vreugde bring en vir jou sorg in jou ouderdom. Want hy is die seun van jou skoondogter wat vir jou so lief is en wat vir jou meer beteken as sewe seuns!”

16. Naomi het die seuntjie op haar skoot getel en hom as haar eie kind beskou.

17. Die buurvroue het hom Obed genoem. Hulle het gesê: “Daar is ’n seun vir Naomi gebore.” Hy het die pa geword van Isai en die oupa van Dawid.

18. Hier volg nou die stamboom van Peres: Peres was die vader van Gesron.

19. Gesron was die vader van Ram. Ram was die vader van Amminadab.

20. Amminadab was die vader van Nagson. Nagson was die vader van Salmon.

21. Salmon was die vader van Boas. Boas was die vader van Obed.

22. Obed was die vader van Isai. Isai was die vader van Dawid.

Lees volledige hoofstuk Rut 4