Ou Testament

Nuwe Testament

Rut 1:18-22 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

18. Naomi het besef dat Rut vas besluit het om saam met haar te gaan. Daarom het sy opgehou om haar te probeer oorreed.

19. Die twee het toe hulle reis voortgesit na Betlehem toe. Toe hulle in Betlehem aankom, was daar ’n opskudding in die dorp oor hulle aankoms. “Is dit dan nie Naomi nie?” het die vroue gevra.

20. “Moet my nie meer Naomi noem nie,” sê sy vir hulle. “Noem my nou liewer Mara, want die Almagtige het my lewe bitter gemaak.

21. Ek het vol hier weggegaan, maar die Here het my leeg laat terugkom. Hoekom sal julle my nog Naomi noem as die Here teen my gedraai het en die Almagtige soveel ellende oor my laat kom het?”

22. So het Naomi uit Moab teruggekom met haar skoondogter Rut, die jong Moabitiese vrou, by haar. Dit was met die begin van die garsoes dat hulle in Betlehem aangekom het.

Lees volledige hoofstuk Rut 1