Ou Testament

Nuwe Testament

Rigters 7:1-7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Jerubbaäl, dit is nou Gideon, en al sy manskappe by hom is vroeg die oggend op, en het gaan kamp opslaan by En-Garod. Die Midianiete se kamp was op die vlakte naby die Moré-koppie, noord van hulle.

2. Toe sê die Here vir Gideon: “Jy het te veel soldate by jou. As Ek die Midianiete met soveel manskappe aan jou oorgee, sal die Israeliete teenoor My beweer dat hulle hulleself met hulle eie mag bevry het.

3. Sê vir die manskappe elkeen wat bang is om te gaan veg, mag van die Gileadberg af wegdraai en teruggaan huis toe.” Toe het 22 000 man teruggegaan. Daar het 10 000 oorgebly.

4. Toe sê die Here vir Gideon: “Hulle is nog steeds te veel. Vat hulle af na die water toe. Ek sal daar vir jou uitsoek watter saam met jou moet gaan en watter nie.”

5. Gideon is toe met die manskappe af na die water toe. Daar het die Here vir hom gesê: “Sit dié wat die water uit hulle hand soos ’n hond met hulle tonge opslurp, eenkant. Skei hulle van dié wat op hulle knieë gaan om die water te drink.”

6. Daar was 300 wat die water met hulle hand geskep het om te drink. Al die ander het afgebuk om te drink.

7. Toe sê die Here vir Gideon: “Ek sal julle met hierdie 300 man wat die water uit hulle hand gedrink het, bevry. Ek sal Midian aan jou onderwerp. Al die ander manskappe kan teruggaan na hulle huise toe.”

Lees volledige hoofstuk Rigters 7