Ou Testament

Nuwe Testament

Rigters 18:1-5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Israel het nog nie ’n koning gehad nie. Die stam Dan was op soek na grond om op te woon. Hulle het in daardie stadium nog steeds nie hulle eie grond gehad nie.

2. Die mense van Dan het vyf sterk mans uit hulle stam gekies. Hulle het die mans van Sora en Estaol af uitgestuur om vir hulle na grond te gaan soek. Hulle opdrag was: “Gaan verken die land.” Hulle het toe in die heuwels van Efraim by Miga se huis uitgekom. Daar het hulle die nag oorgebly.

3. Hulle het in Miga se huis die stem van die Leviet herken. Hulle het hom eenkant toe geroep en vir hom gevra: “Hoe het jy hier uitgekom? Wat maak jy hier? Wat hou jou hier?”

4. Hy vertel hulle toe dat hy ’n ooreenkoms het met Miga: “Hy het my gehuur. Ek is sy priester.”

5. Hulle het toe vir hom gesê: “Vind uit by God of ons reis voorspoedig gaan wees.”

Lees volledige hoofstuk Rigters 18