Ou Testament

Nuwe Testament

Rigters 13:7-13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

7. Hy het vir my gesê: ‘Kyk, jy gaan verwag en ’n seun hê. Jy mag nie wyn of sterk drank drink nie. Moenie iets eet wat onrein is nie. Die seun sal van sy geboorte tot sy dood aan God gewy wees.’”

8. Manoag het toe tot die Here gebid: “Here, laat asseblief tog die man van God wat U na ons gestuur het, weer na ons toe kom. Laat hy vir ons meer kom sê oor wat ons moet doen met die kind wat gebore gaan word.”

9. God het Manoag se gebed verhoor. God se engel het weer na die vrou toe gekom. Sy was op daardie oomblik in die veld. Haar man, Manoag, was toe nie by haar nie.

10. Sy hardloop toe gou terug na haar man toe en sê vir hom: “Die man wat nou die dag by my was, het nou weer gekom.”

11. Manoag het saam met sy vrou teruggehardloop. Toe hy by die man kom, vra hy vir hom: “Is jy die man wat met my vrou gepraat het?” Die man het geantwoord: “Dit was ek, ja.”

12. Manoag het vir hom gevra: “Wanneer jou belofte waar word, hoe moet die kind lewe en wat moet hy doen?”

13. Die Engel van die Here het vir Manoag geantwoord: “Sorg dat jou vrou alles doen wat Ek vir haar gesê het.

Lees volledige hoofstuk Rigters 13