Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 38:6-17 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

6. My wonde sweer en stinkweens my eie dwaasheid.

7. Ek is krom en heeltemal geboë.Ek loop die hele dag en treur.

8. My liggaam brand van koors;daar is geen deel wat gesond is nie.

9. Ek is uitgeputen heeltemal platgeslaan.Ek kreun met ’n versugtinguit ’n gebroke hart.

10. U weet wat ek begeer, Here.U hoor elke versugting van my.

11. My hart klop onstuimig,my krag begeef my.Daarby kan ek ook nie meer sien nie.

12. My familie en vriende bly wegen is bang vir my siekte.Selfs my bure bly op ’n afstand.

13. Hulle wat my lewe soek,stel vir my ’n lokval;hulle wat my ondergang soek,maak planne om my te vernietig.Hulle dink die hele dagaan verraderlike planne.

14. Maar ek hou my doofvir hulle dreigemente.Voor hulle bly ek stilsoos iemand wat stom is.

15. Ek is soos iemand wat doof isen wat niks het om te sê nie.

16. Maar ek hoop op U, Here.U sal antwoord, Here my God.

17. Ek vra U:“Moenie dat hulle bly wordoor my leed,of hulle oor my verhefas ek struikel nie.”

Lees volledige hoofstuk Psalms 38