Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 17:5-15 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

5. My voetstappe was in u voetspore.My voete het nie gewankel nie.

6. Ek roep tot U, o God,want ek weet U sal antwoord.Draai na my toe en luister as ek bid.

7. U wat red met u sterke hand,toon u wonderlike trou aan hullewat beskerming soek van vyande.

8. Beskerm my soos die appel van u oog.Bedek my in die skadu van u vlerke,

9. van bose mense wat my aanval,van wrede vyande wat my omring.

10. Hulle het opstandig geword.Hulle praatjies is verwaand.

11. Hulle spoor my op en omsingel my,hulle is gereed om my neer te gooiop die grond.

12. Hulle is soos honger leeus,gretig om my te verskeur,soos jong leeus wat wegkruipen wag vir hulle kans.

13. Staan op, Here!Weerstaan hulleen bring hulle op hulle knieë!Red my van bose mensemet u swaard!

14. Red my met u magtige hand, Here,van mense van hierdie wêreldwat hulle loon in hierdie lewe kry.Mag hulle die volle straf ontvang,hulle kinders nog meer as dit erf,en ook hulle kleinkinders.

15. Maar omdat ek reg gedoen het,sal ek U sien.Wanneer ek wakker word,sal ek tevrede weesin u teenwoordigheid.

Lees volledige hoofstuk Psalms 17