Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 148:1-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Prys die Here!Prys die Here vanuit die hemel!Prys Hom in die hoë hemele!

2. Prys Hom, al sy engele,prys Hom, al die hemelse wesens!

3. Prys Hom, son en maan,prys Hom, alle skitterende sterre!

4. Prys Hom, hoogste hemel,en waters bokant die uitspansel!

5. Laat hulle die Naam van die Here prys,want Hy het beveel,en dit alles het ontstaan.

6. Hy het hulle gevestig vir altyd.Hy het grense bepaal,en sal dit nooit herroep nie.

7. Prys die Here vanuit die aarde:seemonsters en die diepwaters,

8. weerlig en hael, sneeu en miswolke,stormwind wat Hom gehoorsaam,

9. berge en alle heuwels,vrugtebome en alle seders,

10. wilde diere en al die lewende hawe,kruipende diere en voëls,

11. konings van die aarde en alle volke,heersers en regters van die aarde,

12. jong manne en meisies,grysaards saam met kinders.

Lees volledige hoofstuk Psalms 148