Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 132:6-15 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

6. Ons het gehoor die ark is in Efrata,en dit gekry in die velde van Jaär.

7. Kom ons gaan sy woning binne;laat ons laag voor Hom buig.

8. Kom na u rusplek toe, Here,U en die ark, die teken van u mag.

9. Laat u priesters geklee wordmet regverdigheid;mag u troue dienaars sing van vreugde.

10. Ter wille van u dienaar Dawid,moet tog nie u gesalfde verwerp nie.

11. Die Herehet vir Dawid gesweer,en dit staan vas.Hy sal daarvan nie afwyk nie:“Een van jou afstammelinge sal Ek op jou troon laat sit.

12. As jou seuns luister na my verbonden die eise navolg wat Ek hulle leer,sal ook húlle seuns vir altyd regeer.”

13. Want die Here het Sion gekies,dit as sy woning begeer:

14. “Dit is my rusplek vir altyd.Hier sal Ek woon,want die plek het Ek begeer.

15. Ek sal die stad oorvloedig seën met voedselen haar armes van kos voorsien.

Lees volledige hoofstuk Psalms 132