Ou Testament

Nuwe Testament

Prediker 9:4-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

4. Net mense wat leef, het enige hoop. Selfs ’n hond wat lewe, is meer werd as ’n leeu wat dood is.

5. Dié wat lewe, weet ten minste dat hulle sal doodgaan.Maar dooies weet niks.Daar wag vir hulle geen beloning meer nie, en niemand onthou hulle nie.

6. Dit is dan klaar met hulle liefde, hulle haat en hulle hartstog. Hulle sal nooit weer deel hê aan wat onder die son gebeur nie.

7. Daarom, eet jou brood met blydskap.Drink jou wyn met ’n hart vol vreugde.Want God het lankal reeds dit goedgekeur wat jy doen.

8. Dra wit klere, moenie ophou om olyfolie op jou kop te gooi nie.

9. Leef gelukkig saam met die vrou wat jy liefhet, solank die sinlose lewe aanhou wat God jou onder die son gegee het. Dit kom jou toe in die lewe,onder al jou geswoeg onder die son.

10. Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen, want in die graf waarheen jy op pad is,is daar nie werk of insig,kennis of wysheid nie.

11. Ek het nog iets onder die son gesien:Die vinnigstewen nie die resies nie.Die sterksteswen nie die geveg nie.Ook dié met wysheidis nie dié wat kos het nie. Dis nie verstandiges wat ryk word,of dié met kennismet wie dit goed gaan nie.Alles word bepaal deur tyd en gebeurtenisse.

12. Niemand kan voorspel wanneer sy tyd aanbreek nie.Dis soos visse wat gevang word in ’n net,soos voëls gevang word in ’n wip,so word die mens gevang in tye van teëspoedas dit onverwags op hom toesak.

Lees volledige hoofstuk Prediker 9