Ou Testament

Nuwe Testament

Prediker 9:1-4 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Ek het oor dit alles nagedinken probeer verstaan hoe dit is dat dié wat reg doen, en dié wat wysheid het,en dit wat hulle doen, onder God se beheer is.Maar niemand weet of daar vir hom liefde of haat wag nie.

2. Dieselfde lot wag vir alle mense, dié wat regverdig is of goddeloos, goed of sleg,rein of onrein, dié wat offer en dié wat nie offer nie. Goeie mense en sondaars kry dieselfde behandeling.Soos dit gaan met dié wat ’n eed aflê, so gaan dit ook met dié wat nie ’n eed aflê nie.

3. Die slegste ding van alles wat onder die son gebeur,is dat dieselfde lot almal tref.Ook dat die hart van die mens vol boosheid is.Die dwaasheid bly by hom sy lewe lank. Daarna gaan hyna dié wat reeds dood is.

4. Net mense wat leef, het enige hoop. Selfs ’n hond wat lewe, is meer werd as ’n leeu wat dood is.

Lees volledige hoofstuk Prediker 9